Help
Change language Afrikaans

Hoe om ʼn lid te word

New: Corylus jacquemontii Shop (Indië), Vaste plante, Bolle

Become a KPR member, and enjoy cheaper prices immediately. Register here.

Lidmaatskapregistrasievorm

Ek wil graag lid van die KPR word

Lidmaatskap inligting

Vanaf September 2007 kan u lid van KPR word sonder dat u Slowaakse hoef te praat of te verstaan!
Ons het reeds in die jaar 2000 begin met ons klub waarvan die meeste lede van die Slowakye en Tsjeggië was.
Nou kan u ook al die voordele van lidmaatskap van die KPR in Slowakye geniet ongeag waar u woon of watter taal u praat!
U kan by ons aansluit ongeag in watter deel van die wêreld u woon – solank u lief is vir plante! Sluit nou aan!
Ongelukkig kan u egter nog nie ons klubjoernaal Botanix, lees indien u nie Slowaaks verstaan nie omdat dit tans net in Slowaakse publiseer word.
Indien u egter belangstel, is daar geen problem om ons joernaal ook in u taal te lees nie – begin eenvoudig self artikels skryf, maak vriende met ander tuiniers wat dieselfde taal as u praat en publiseer Botanix in u eie taal!
Daar is geen keer aan u kreatiwiteit nie!
Dit sal natuurlik ideaal wees indien Botanix in u eie taal beskikbaar kan wees omdat die Slowaakse tuin-kunsies nie altyd in ander lande toegepas kan word nie, as gevolg van die weersomstandighede wat verskil

Lidmaatskap in Slowakye

Hoekom lid van die KPR word?

1. KPR-lede kan bestellings plaas teen baie goeie pryse. Sien voorbeelde hieronder. (Daar is geen minimum-beperking vir u bestelling nie.)

Pryse vir KPR-lede Pryse vir nie-lede % afslag
0,50 € 0,70 € 29%
0,70 € 0,90 € 22%
1,00 € 1,50 € 33%
3 € 4 € 25%

2. Elke lid kry elke jaar 5 saad-voorbeelde gratis (uitsluitend palms en broodbome en saad van sommige ander spesies) van die Sade- en Plantebank van die KPR. Ander voorbeelde kom met 50% afslag (standaardprys is 1 Euro per voorbeeld – die prys vir KPR-lede is 0,50 Euro).

3. KPR-lede se bestellings kry voorkeur bo dié van nie-lede.

4. Gratis raad en konsultasies word tans dwarsdeur die jaar verskaf in elf tale, rondom die groei van plante.

5. U kan gebruik maak van Oop rekening-geriewe.

Oop rekening - Inligting rondom ʼn oop rekening
ʼn Oop rekening is die gerieflikste manier om by die KPR te koop. U stuur eers aan ons ʼn bedrag geld wat in u rekening gehou word totdat u iets wil bestel – u bestelling word dan van u oop rekening afgetrek. Sodoende hoef ons nie op u betaling te wag nie en kan u bestelling onmiddellik verskeep word direk na verpakking. U kan enige tyd u oop rekening aanvul deur gebruik te maak van enige betalingsmetode wat ons aanvaar.
Wanneer u u persoonlike rekening wil aanvul, tik eenvoudig u persoonlike nommer in sodat ons kan sien waarheen die geld moet gaan en die geld sal in u persoonlike oop rekening deponeer word sodra dit ontvang word. U kan enige bedrag geld in u oop rekening inbetaal en u kan dit na willekeur gebruik.
Wanneer u u bestelling deur middel van u oop rekening wil betaal, kan u ons net laat weet dat u dit wil doen deur die volgende boodskap te stuur: “My bestelling sal betaal word deur middel van gebruik te maak van Oop Rekening nommer xxxxxx” – U bestelling sal dan betaal word vanuit u oop rekening en onmiddellik na die verpakking daarvan verskeep word.
U kan enige tyd vra dat die fondse in u oop rekening aan u terugbetaal word. Hou egter in gedagte dat ons ʼn bedrag sal moet hef op administratiewe kostes ten einde die geld aan u terug te stuur. (Daar is geen fooie betrokke indien ons u geld terugbetaal deur middel van PayPal nie; maksimum 0.50 Euro indien ons dit deur middel van MoneyBookers.com terugbetaal; en geen fooie indien ons u geld terugbetaal deur gebruik te maak van ʼn plaaslike bankoorplasing binne Slowakye en Tsjeggië nie. Geld van u oop rekening sal binne 60 dae vanaf ontvangs van versoek aan u terugbetaal word.
Let wel: U oop rekening bespaar u oorplasingskostes – u het slegs nodig om u geld oor te plaas na u oop rekening en hierna kan u enige bestelling hieruit betaal.
Enige vrae?

7. Indien u bestellings meer as 80 Euro beloop in die jaar 2010, kan u sade of plante ter waarde van 10 Euro gratis kry.

8. Een maal per jaar word ʼn gratis lottery aangebied vir gratis inkopies ter waarde van 50, 30 en 15 Euro.

...en veel meer voordele waarvan ons u op hoogte sal hou!

Lidmaatskap voorwaardes

1. U moet die Lidmaatskap registrasievorm invul en 10 Euro aansluitkoste per jaar betaal voor 31 Mei van die jaar van lidmaatskap. Hierdie fondse word aangewend vir die uitbreiding van die KPR se bedrywighede dwarsoor die wêreld.

Jaarlikse lidmaaskapfooi vir 2010

(Lidmaatskap is geldig vanaf 1.10.2009 tot 31.12.2010)

Jaarlikse lidmaatskap Eerste jaar Hernieu vir die daaropvolgende jaar
10 Euro 5 Euro

2. U moet ten minste twee maal per jaar gebruik maak van die klub se aanbiedinge deur ʼn bestelling te plaas. Daar is geen minimum-beperking op u bestelling nie.

3. Indien u belangstel, kan u ook saam met u inskryf-fooi, ʼn donasie stuur wat gebruik sal word vir die uitbreiding van die KPR-Netwerk dwarsoor die wêreld.

Stel u belang om lid van die KPR te word? Dit is maklik! Sluit nou aan! – Vul net hierdie lidmaatskapregistrasievorm in!

Lidmaatskapregistrasievorm

Ek wil graag lid van die KPR word


U het hierdie item in u inkopie-waentjie geplaas.